'n Onderwyser wat elke jaar dieselfde temas doen en elke jaar oor dieselfde inligting praat, kan vir die onderwyser teveel raak. Omdat die onderwyser voel dat die leerders die temas nou al goed ken, maar dit kan dalk hulle eerste jaar wees met daardie tema.
Tema vir die week: Wilde diere
As die tema vir 'n week is kan 'n mens die tema so opdeel dat 'n mens die groot 5 vat en een dag vat om oor 'n dier te praat.
Maandag: Olifant
Olifante is groot diere.
Hulle is soogdiere.
Olifante is 'n groot dier met 'n groot ronde lyf.
Hulle het 'n lang slurp en en stert.
Olifante het twee baie groot ore.
Olifante staan op vier bene, omdat sy lyf te swaar is vir net twee bene.
Olifante is grys van kleur.
Ons almal ken 'n oulike olifant met die naam van DUMBO.
Nou kan die onderwyser gaan en die storie DUMBO vir die leerders lees.
Na die hele lessie kan de leerders 'n kuns werk doen om die olifant te kan onthou.
Benodighede:
Papierborde
Verf
penne
gom
groot blaai
Vat die papierbord en verf dit grys. Plak die papierbord op die skoon groot baldsy. Teken vir die olifant twee groot ore, twee oogies, vier bene, 'n lang slurp en 'n stert.
Enige idees of oulike voorstelle is welkom!
Die blog is hier om vir onderwysers te help om hulle lesbeplanning kreatief te maak en om die tema uit te brei.

